ZAMAR Optrede: 10 Junie 2018

‘n Program met musiek van Händel
 
Drie Arias uit die 9 Duitse liedere vir sopraanstem en instrumente van Georg Friedrich Händel (1685-1759)
 
In die 3 Arias word die genietinge van God se Skepping besing:
 
  1. Süsser Blumen Ambraflocken  met viool
    Die soet geur van blomme laat my neig na die Heer, na Sy Glorie wat die wêreld tot stand gebring het
  2. Süsse Stille, sanfte Quelle met tenoor blokfluit
    Soet is die stilte, sag borrelende waterbronne bring kalmte en vrede en verbly my siel…
  3. Meine Seele hört im Sehen met viool
    My siel luister met my oë hoe alles God verhef 
    Alles juig, alles lag
 

Kunstenaars:

Sopraan:
Anien Coetzee (koorlid uit Bloemfontein)

 

 

Viool:
Sharon de Kock (violis van die Odeion Strykkwartet)
Tjello:
Carine Roux (tjellis en musiekonderwyseres uit Kimberley)

Klawesimbel:
Gideon Linde (pianis, sangonderwyser uit Kimberley)