<< Terug na Ons Geskiedenis

Hoofstuk twee

Ds. J. W. Louw- 17 Aug. 1872-30 April 874


EERSTE LERAAR
IN DIE GEMEENTE.
Ds. J. W. Louw
1872-1874.

Ds. A. D. Lückhoff het vir ses maande op die Diamantvelde gearbei. Hy het met sy gesin in ‘n tent gewoon, en het ten spyte van baie ontberings, met toegewyde belangstelling en ywer die gemeente tot selfstandigheid opgebou. Eers na die inwyding van die Kerk en die bevestiging van die eerste leraar kon by terugkeer na sy eie gemeente te Colesberg. By sy vertrek het die bloeiende Jongeliede Vereniging, wat hy gestig het, vir hom en sy gesin ‘n afskeidsfunksie gereël. By hierdie geleentheid is as blyk van waardering aan hom aangebied “een zilveren theeservies en gouden potloodschuiver”.

Die dag van 17 Augustus 1872 was voorwaar ‘n groot dag in die geskiedenis van die gemeente. Op die dag is ‘n stewige kerkgebou ingewy en is die eerste leraar georden en bevestig. Ds. Lückboff het plegtig die deure van die kerk oopgesluit en die Godshuis ingewy as plek van aanbidding. Hierdie kerk wat onder ons ou mense bekend staan as die “Sinkkerk,” het die plek geneem van die tydelike Kerktent. (volgens die Gereformeerde Kerkbode van 10 Febr. 1872 het daar toe reeds “en zeer nette Kerktent” op New Rush gestaan).

Prop. J.W. Louw is deur die waardige ds. C. McK. Fraser (vader van mev. Pres. Steyn) van Philippolis, georden en bevestig.

Na hierdie heugelike dag het dit nie lank geduur voordat die gemeente besluit het dat die administrasie van die gemeente nie Ianger deur ‘n Kerktent-Komitee bebeer moes word nie, maar wel deur ‘n behoorlik gekose Kerkraad. Die verkiesing van kerkraadslede het plaasgevind deur ‘n gemeentevergadering op 8 September 1872 en die bevestiging van die lede op 15 September van dieselfde jaar.

Die oudste Notuleboek van die Kerkraad geskrywe in die handskrif van ds. Louw, is tot vandag toe bewaar gebly in die argiewe van die gemeente. Dit strek vanaf 30 Sept. 1872 tot 30 Okt. 1874. Voor in die hoek staan: “Notulen Boek der Ned. Geref. Gemeente te Vooruitzicht,” en die eerste notule is die volgende:

Buitengewone Kerksvergadering gehouden op den 30sten Sept. 1872.

Tegenwoordig al de leden behalve Broed. Steyn. De Vergadering wordt naar gewoonte door gebed geopend.

De aanstelling van den Heer de Beer om godsdienst oefeningen te bouden in de ouden Kerktent voor de gekleurden, wordt door de Vergadering goedgekeurd. Vervolgens werd het Concept van Wetten en Bepalingen ter tafel gelegd en overwogen. Artikel 12 werdt bygevoegd. Besloten om de Wetten en Bepalingen te Iaten overstaan tot den 15den October.

Broeder Roex bedankt als diaken wegens krankbeid waardoor by genootzaakt werd naar huis terug te gaan. Op den 13den October e.k. zal een ander diaken gekozen worden in zyne plaats. Er wordt eene Commissie aangesteld bestaande uit de Broeders Marais en Smit om een scherm te Iaten maken over de Pastorie.
(Geteken) J. W. Louw, J. W. Naude, T. C. Smit, C. F. Marais, R. I. Ortlepp, W. Scboombee, I. D. Cilliers.

Hierdie eerste Notule bied veel wat van belang is: In die eerste plek word ons getref deur die ywer vir die saak van die Sending. Verder is die vermelding van die Konsep Wette en Bepalinge van groot belang. Die oorspronklike Wette en Bepalinge bestaan nie meer nie, maar gelukkig is ‘n afskrif van die konsep Wette en Bepalinge van die Gemeente van Dutoitspan wat ‘n maand later opgestel en goedgekeur is , in die argiewe van daardie gemeente bewaar gebly. Ons kan aanneem dat hierdie twee in wese dieselfde sou wees, en dit blyk duidelik daaruit dat insover die gemeentes indertyd geen Rings of Sinodale verband gehad het nie, hierdie Wette en Bepalinge daarop gemik was om die gemeente as ‘n wettige Vrye N.G. Gemeente te konstitueer. Twee ouderlinge wat teenwoordig was, tewete G. Maritz en Viljoen, het nie hierdie eerste notule onderteken nie. Die Kerkraad het dus bestaan uit vier ouderlinge (Naude, Maritz, Viljoen en Steyn)
en ses diakens (Smit, Marais, Ortlepp, Schoombee, Cilliers en Roex). Hierdie getal stem ook ooreen met die getal soos bepaal deur die Wette en Bepalinge (Dutoitspan).

Die vermelding dat br. Roex (Roux?) na “huis” teruggaan bevestig die gevolgtrekking dat die eerste inwoners van die diamantvelde hulleself hier as tydelik beskou het. Die “Pastorie” waarna verwys word was waarskynlik ‘n tent. Op 12 Nov. 1872 het die Kerkraad besluit om “eene kleine Pastorie te bouwen” wat volgens ‘n daaropvolgende spesiale vergadering deurgevoer moes word “al zal die ook over de honderd ponden st. kosten”! Die gebou is spoedig voltooi en in Febr. 1873 is dit vergroot deur “het bouwen ener keuken aan de Pastorie.” Die salaris van die eerste leraar was £300 per jaar, wat vanaf 17 Febr. 1873 d.w.s. na die voltooiing van sy eerste ses maande van diens, verhoog is tot £360 en op 19 Aug. 1873 verder verhoog is tot £400.


Kimberley

Die naam Kimberley , om die gemeente van Vooruitzicht te New Rush aan te dui, is vir die eerste maal in die notule van 8 Desember 1873 gebruik. Hierdie naam het kerklik in gebruik gekom ten tyde van die inlywing van “Oude de Beers” by die gemeente te New Rush.

Vir ‘n geruime tyd reeds het daar by die Oude de Beers ‘n Kerktent Komitee bestaan en het die gemeente daar ook ‘n Kerktent besit. Met die stormloop na New Rush het die geweste by die de Beersmyn so ontvolk geraak dat net ‘n handjievol oorgebly het. In Junie 1873 het die Kerkraad eenparig toegestaan dat ds. Louw al om die veertien dae ‘n diens in de Beers sal waarneem. Teen die einde van dieselfde jaar is die Kerktent van de Beers vir £21 verkoop, die bedrag aan die Kerkraad van New Rush geskenk vir ‘n nuwe skoolgebou, en is de Beers, skynbaar sonder formaliteite, by New Rush ingelyf. Hierdie vergrote gemeente het spontaan die naam van Kimberley oorgeneem.

Dr. M . S. (Tienie) Louw

Die delwers het te midde van baie ontberings en beproewings hulle geestelike sowel as hulle verstandelike behoeftes nie vergeet nie. Saam met die Kerk het ook die Skool gekom. Selfs so vroeg as Febr. 1872 is daar ‘n skoolkomitee benoem met die oog op die stigting van ‘n Kerkskool, wat ook later verwesenlik is. Na die inwyding van die eerste Kerkgebou is die ou Kerktent as skoolgebou gebruik. Die swaar finansiële verpligting wat die instandhouding van so ‘n onderneming geverg het, en die behoefte aan goeie leerkragte het meegebring dat hierdie kerkskool altyd ‘n sukkelende bestaan gehad het.

In 1873 het die gemeente ds. Louw afgevaardig na die sitting van die Kaapse Sinode, en alhoewel hy nie sittingsreg gehad bet nie, het hy tog gegaan om die groete van hierdie gemeente aan die Sinode oor te dra, en te versoek dat hierdie gemeente by die Kaapse Kerk ingelyf sal word. Hoe graag die Sinode dit ook al wou doen was hy, om redes reeds genoem, nie daartoe in staat nie.

Na ‘n baie belangrike en vrugbare dienstyd van twee jaar aan die Diamantvelde het ds. J . W. Louw op 30 April 1874 na Wepener in die Vrystaat vertrek waarheen hy ‘n beroep aangeneem het. Vanhier is hy in 1880 na Ladismith, K.P., waar by op 9 Junie 1911 in die tuig oorlede is. Interessantheidshalwe noem ons dat die bekende Afrikaanse sakeman, dr. M. S. Louw, ‘n seun is van hierdie eerste leraar van ons gemeente.


Ds. B. B. Keet- 17 Okt. 1874- Aug. 1879

Ds. en mevr. B. B. Keet.
1874-1879.

Reeds ‘n maand voor die vertrek van ds. Louw word onder voorsitterskap van die konsulent, ds. de Vries van Dutoitspan, ‘n beroep uitgebring op (baie interessant) ds. S. J. du Toit, wat later die vader van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging geword het. Hy was egter nie vir Kimberley bestem nie, en op 4 Junie word eerw. prop. B. B. Keet hierheen beroep .

Op die 17e Oktober 1874 word prop. Keet in die kerkgebou georden en bevestig. Treffend was sy teks by die intreepreek: ” Zie, hier ben ik, want gy hebt my geroepen.” (1 Sam. 3:5).

Ongelukkig het die kerkraads-notuleboek wat die bediening van ds. Keet dek, verlore gegaan. Die ironie van hierdie verlies is nogal dat die Kerkraad op 20 Oktober 1874 (die laaste vergadering waarvan in die eerste boek notule gehou is), klaarblyklik onder invloed van die uiters noukeurige ds. Keet, besluit het om die kassier te gelas “eenen Trommel te kopen teneinde de Boeken daarin te bewaren”! Ds. Keet het dadelik met die grootste noukeurigheid en in ‘n baie sierlike hanskrif die lidmate- en doopregisters tot op datum oorgeskrywe in twee stewigenuwe boeke. Blykbaar was die eerste registers nie van die beste
kwaliteit papier vervaardig nie.

Gelukkig egter het ons in wyle dr. A. D. Keet bekende digter en medikus van Senekal en seun van wyle ds. B. B. Keet ‘n belangstellende vriend gehad met wie ons vir ‘n hele paar jare reeds korrespondeer het juis met die oog op die geskiedenis van hierdie gemeente. Hy het aan ons waardevolle foto’s en mondelinge oorleweringe, wat hy van sy vader en moeder se vertellinge onthou oor die bediening van ds. Keet in Kimberley, laat toekom.

HIERDIE FOTO IS ‘n SELDSAME FONDS.
Op die agtergrond is die eerste
permanente sinkkerk van die
gemeente Vooruitzicht te
New Rush (Kimberley) wat
gelyktydig met die ordening en
bevestiging van Eenv. Prop. J. W. Louw
op 17 Augustus 1872 ingewy is. Op die
voorgrond is die Pastorie in die tyd van
ds. B. B. Keel gebou. Hieroor skrywe
Dr. A . D. Keet: Die eerste (indien nie die
heel eerste) baksteen gebou in Kimberley.
(Sien geskiedenis verder aan).

Hierdie foto is seker die enigste wat daar is van die eerste Sinkkerk op New Rush (Kimberley) en dis hierdie kerk wat gelyktydig met die ordening en bevestiging van prop. J. W. Louw, die eerste leraar van hierdie gemeente, op 17 Augustus 1872, ingewy is.

Op die voorgrond is die Pastorie en onder die stoepdak sit ds. B. B. Keet. Voor die pastorie op die foto kan grondhope gesien word. Hieroor skrywe dr. Keet soos volg: “‘n gemeentelid in Kimberley het aan my vader twee “kleims” gegee om te bewerk. Hy het hierby die hulp ingeroep van ‘n sekere man wat elke Saterdagaand moes verslag doen van die uitgawes en inkomste. Volgens die man het die “gewerskaf” glad nie betaal nie en hy het Kimberley verlaat. Volgende wat my ouers gehoor het was dat hy ‘n plaas van £10 000 in die Boland gekoop het. Daar het hy egter bankrot gespeel en sy dogters het later op die strate van Kaapstad gedwaal. My moeder het die verhaal dikwels aan ons vertel om ons te laat voel dat eerlikheid altyd die langste duur.

Die bediening van ds. Keet was gedurende ‘n tydperk van ekonomiese voorspoed. Aan die ander kant het die toestroming van duisende der duisende mense uit alle dele van die werld ‘n kosmopolitiese bevolking hier saamgehoop wat alles behalwe ‘n heilsame uitwerking op die, geestelike lewe gehad het. Die jong leraar het sy hande so vol gehad dat daar in Febr. 1875 reeds sprake was van die aanstelling van ‘n hulpleraar in die gemeente van Kimberley.

Met die geweldige toestroming het die behoefte aan deeglike onderwysfasiliteite groter geword. Daar was meer mense en ook meer voorspoed en daarom het die gemeente dit nie moeilik gevind om ‘n waarborg te gee van £300 vir ‘n goeie onderwyser vir die Kerkskool nie. Die Goewerneur was egter nie bereid om ‘n toelaag te gee vir ‘n skool van die N.G. Kerk nie. Hierdeur is ons mense egter nie afgeskrik nie, en heelgou is die waarborg verhoog na £350, met die belofte van ‘n bonus aan die einde van die jaar.

Interessant is volgens die ou kassaboek die opbrengs van ‘n basaar wat in 1878, gedurende die bloeiperiode van die gemeente, gehou is:

OPBRENGSTEN

Door Dames verkocht £557 12 3
Verkoop van Diamanten £214 15 0
Lysten, enz. £293 6 0
Total £1065 13 3

GENL. J. B. M. HERTZOG

Mevr. Hertzog, moeder van
Genl. J. B. M. Hertzog
(foto ontvang van
Dr. A. D. Keet)
Generaal J. B. M. Hertzog

Onder die Hollandssprekendes wat in die vroeë sewentigerjare na die diamantvelde gekom het, was byvoorbeeld die ouers van die later so bekende James Barry Munnik Hertzog.

Die latere Boeregeneraal en staatsman genl. J. B. M. Hertzog het derhalwe die merendeel van sy kinderjare hier in die opkomende Diamantstad geslyt. Volgens sy biograaf C. M. van den Reever, was dit veral sy godsdienstige en beginselvaste moeder wat hom hier vroeg en laat teen die versoekings van die delwerstad vermaan het en die hoë etiese beginsels by hom ingeprent het.

Die Hertzogfamilie het hulle in 1872 in New Rush gevestig, ‘n gebied wat later as Newton bekend was en wat tradisioneel geasosieer word met die Afrikanergeskiedenis in Kimberley. Dit was hier op die “Dutch Market Square” (Newtonplein) waar die kerk gebou is en in die geskrifte van die eggenote van die plaaslike dominee mev. Fick (vermoedelik moet dit mev. Keet wees) word daar verwys na JamesBarry Hertzog wat haar Sondagskoolklasse bygewoon het. Die Hertzogfamilie was blykbaar goeie vriende van die Pastorie vandaar dat die foto van mev. Hertzog in besit van die Keet-familie was. Uit mondelinge oorleweringe moet aangeneem word dat mev. Hertzog ook behulpsaam was as Sondagskoolonderwyseres.

Prof Dr. B.B. Keet.

“Giving careful consideration to the history of the Afrikaner and the special place of the church in his culture, it is indeed strange to
observe how in such close proximity to the Newton Dutch Reformed Church James Barry Hertzog received his first schooling which moulded his attitude in after life. And not so far from this church a series of quick changes from Judge to General prepared him for the great task in his life which caused him to become Prime Minister of the Union of South Africa.

“The Newton Church and its Square must be considered as the most significant of Hertzog monuments in South Africa.”
(Is dit dan nie van pas dat die Stadsraad van Kimberley in 1970 besluit het om die Newtonplein te vernoem na Genl. Hertzog nie?—Samesteller).

So graag sou ons meer wou weet aangaande die bediening van ds. Keet en sy minsame eggenote. Moontlik word dit nog beskik dat die verlore notuleboek teruggevind sal word. Na ‘n bediening van byna vyf jaar het ds. Keet in Augustus 1879 vier beroepe ontvang, en het hy die een na Alice aangeneem. Met groot leedwese het die gemeente afskeid geneem van ds. en mev. Keet. Van Alice is ds. Keet in 1894 na Humansdorp waar by op 2 Desember 1903 oorlede is. Kimberley is vandag opreg trots dat dr. B. B. Keet, ons geëerde en gewese professor aan die Kweekskool, ‘n seun is (gebore te Alice) van hierdie tweede leraar wat die gemeente gehad het.


Ds. J.D. Kestell- 25 Maart 1882-27 Nov. 1893

Ds. en mevr. J. D. Kestell
25 Mrt. 1882-27 Nov. 1893

Vir twee en ‘n half jaar moes die gemeente nou sonder ‘n vaste leraar klaarkom. Hierdie lang vakature was voorwaar ‘n beproewing. Belangstelling in die saak van die Here het gekwyn, en baie het afvallig geword. Die konsulent, ds. A. P. Kriel van Dutoitspan, het alles in sy vermoë gedoen om die belange van hierdie Gemeente te behartig.

‘n Belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van die gemeente van Kimberley het juis in hierdie tyd plaasgevind. Op die dertiende sittingsdag van die Sinode van Kaapland in 1880, n.l. op 28 Oktober, het die vergadering met algemene stemme en met blydskap toegestem dat, aangesien Grikwaland-Wes, reeds aan die Kaap Kolonie geannekseer is, die gemeentes Kimberley en Dutoitspan onder die Kerk van die Kaap Kolonie opgeneem sal word. Die twee gemeentes word geplaas onder die ressort van die nuutgestigte Ring van Colesberg. By die eerste sitting van hierdie Ring in die volgende jaar word Kimberley verteenwoordig deur oudl. H. J. Steyn. In die “Staat der Godsdienst” van hierdie gemeente het die konsulent dit betreur dat die gemeente reeds so lank herderloos is, en meegedeel dat die gemeente baie daaronder ly.

In Februarie 1882 word eerw. prop. J. D. Kestell na Kimberley beroep. Hierdie beroep het by ook aangeneem, en nadat by in die huwelik bevestig is met mej. G. A. Hofmeyr, word hy op 25 Maart 1882 deur sy boesemvriend ds. Kriel te Kimberley georden en bevestig. Met blydskap word daar vermeld dat die gemeente met die aankoms van ds. Kestell weer teruggekeer het na die Kerk. Ds. Kestell het gedurende sy bediening altyd onder baie moeilike omstandighede gewerk. Namate die ope-myn al dieper gesink het kon alleen maatskappye en sindikate wat oor masjienerie beskik, dieper gaan om rykdomme in te oes. Die gevolg was dat die gemeente baie ontvolk geraak het omdat baie van ons lidmate na huis teruggekeer het. Diegene wat hier gebly het, het meestal vir ‘n arbeidersloon moes werk.

Ds. Kestell het saam met die gemeente geleef. In die behoeftes en armoede van die lede het hy gedeel en moes selfs baie geriewe terwille van die saak verbeur. Sy salaris het ook nie altyd gereeld ingekom nie, en op een tydstip was daar selfs ‘n bedrag van £200 daarop agterstallig. Op 14 Jan. 1889 het hy aan die Kerkraad aangebied om £100 van sy salaris per jaar af te staan. Die vernaamste rede egter waarom ds. Kestell persoonlik swaargekry het was die feit dat hy elke pennie wat die gemeente kon byeenbring gestort het in die boufonds vir die Nuwe Kerk.


DIE NUWE KERK

Ds. en mevr. Kestell en Susters
van die Gemeente ongeveer 1888.

Van die bou en inwyding van die nuwe Kerk (die oorspronklike gedeelte van die huidige Newton Kerk) meld die Kerkraadsnotule feitlik niks. Aan die ander kant word hierdie geskiedenis breedvoerig vertel deur ‘n honderd-bladsy notuleboek en lywige kassaboek van die Boukommissie:

Onmiddenik na ds. Kestell se bevestiging het hy die gemeente opgewek tot die bou van ‘n nuwe Godshuis, wat moes kom in die plek van die sinkkerk. Binne twee maande, tewete op 20 Mei 1882, besluit ‘n Gemeentevergadering tot die bou van ‘n Kerk, en op dieselfde dag vergader die pasaangestelde Bou Kommissie onder voorsitterskap van die Leraar. Met groot ywer spring die kommissie aan die werk om fondse in te samel en planne te oorweeg. Elke kommissielid wat van die maandelikse vergadering afwesig is word met ‘n pond beboet! Die heer L. Ford Hansen word as argitek aangestel, en hy werk met die kommissie saam, maar ongelukkig sterwe by in Augustus. ‘n Sekere Claridge word as argitek in sy plek aangestel, en somaar by die tweede vergadering wat hy bywoon begin hy sy fooie as vooruitbetaalbaar opeis. Nadat hy met £400 weg is, is betrekkinge met hom gebreek. Van hierdie bedrog skrywe ‘n ouditeur wat na voltooiing van die Kerk ‘n staat van uitgawes saamgestel het: “Architect’s fees paid, £400. This was a swindle out of which the then Committee could not extricate themselves. The plans were not adopted, but the architect named Claridge insisted upon getting paid to the extent of £400.”

KIMBERLEY KERKKOOR 1893
Agter: Jan de Wet; Koos Malan; Joe van Rooi;
Muller; Jan Bosman; M. McKaskell.
Middel: – ; M. de Jager; S. de Vas; Betty le Raux;
Lizzie Bosman; mnr. Scott (Orrelis); en agter
hom die orrelpomper.
Voor: E. McGillewie; A. de Wet; van Blerk;
Calie Bosman; E. le Roux; mev. Scott.
KERKRAAD-1893
Voor van links na regs: A. van den Berg; H. Aucamp; Ds. Kestell; G. Conradie; A. Radloff;
J. Morrison. Agler: E. van der Spuy; M. Steyn; J. S. de Villiers; H. Posthumus; S. van Wyk; G. Theron.
DIE OUDSTE NED. GEREF. KERK
IN KIMBERLEY
Die N.G. Kerk (Newton) Kimberley.
Hoeksteen gelê deur ds. J. D. Kestell
op 21 Febr. 1885, ingewy 29 Mei 1886.

Van nou af tree ds. Kestell persoonlik op as argitek, en die stewige en sierlike kerkgebou, met sy imponerende Romaanse boustyl, staan vandag nog as stille getuie van die veelsydige genie van daardie godsman.

Aanvanklik is ‘n perseel in Dutoitspanweg oorweeg, maar later is op die huidige perseel besluit. Na ‘n jaar het sekere lede van die boukommissie begin laks word omdat die nuwe Kerk nie soos ‘n paddastoel opgespring het nie. Ds. Kestell het links en regs onder hulle. geskors en meer aktiewe manne laat verkies. In Des. 1884 word besluit om die hoeksteen op 21 Febr. 1885 te lê. Nadat die Moderator van die Sinode ds. (dr.) Andrew Murray dit onmoontlik gevind het om die hoeksteen te kom lê, en selfs aan die Siviele Komrnissaris gedink is, is die hoeksteen, uiters gepas, deur ds. J. D. Kestell self gelê, :

Op die hoeksteen verskyn slegs die Kerkseël met die woorde:
Zuid Afrikaansche Gereformeerde Kerk
A.D. MDCCCLXXXV
(Hierdie hoeksteen wat uit Sandklip gekap is het erg verweer en word nou deur ‘n granietklip vervang).

Op die aand van Saterdag 21 Febr. 1885 vergader die boukommissie. Trane van dankbaarheid het vryelik gevloei toe die volgende besluit eenparig aangeneem word:

“Deze Vergadering betuigt haren dank tot God dat het Hem behaagt heeft het werk yan den Bou der nieuw Kerk tot hiertoe te zegenen en dat de Bouw Kommissie in staat is gesteldt geweest om dezen dag den Hoeksteen dier Kerk om 4 uuren te laten leggen door hare Praeses. Met biddend opzien tot God draagt deze vergadering den verderen bouw der Kerk aan Hom op.”

‘n Afskrif van die
afskeidsadres

Uit die Kasboek blyk dat £105 17/- as dankoffers op die hoeksteen gelê is, en dat die volgende muntstukke in die hoeksteen ingemessel is: £1, 10/-, 5/-, 2/6, 2/-” 1/-, 6d, 4d, 3d, 1d (£2 1/8), en deur B. Rothman (die ywerige sekretaris van die Kommissie) geskenk: 2d, ½d. ¼d. en 18d.

Oorspronklik is besluit dat die Kerk tot so veel as £10 000 sou kos, maar later is besuinig op die begroting. Die Boukommissie het al die materiaal voorsien, en ‘n groot deel van die arbeid en karweiwerk is gratis deur gemeentelede gelewer. Origens is die werk stuk-stuk volgens kontrak voltooi. Die totale koste, insluitende preekstoel en harmonium het £5 513 15/8 beloop.

Op 29 Mei 1886 is die plegtige inwyding van die Kerk waargeneem deur ds. C. McK Fraser van Philippolis. In die tyd van ds. Kestell is die inwyding van die Kerk elke jaar op 29 Mei herdenk. Die ou Sinkkerk is aan Vryburg verkoop vir £200.

DIE NEWTON WEESHUIS

Mej. Trudie Kestell dogter van
ds. J. D. Kestell. Hierdie foto
is geneem in 1953 toe sy by die
Herinwyding van ons herstelde
Kerkeiendomme die voordeur
van die Kerk ontsluit het.

By al sy baie werk het ds. Kestell ook nog gereeld dienste in die plaaslike Skotse Kerk gehou, en so gewild was hy onder hierdie mense dat hy in 1889 ‘n beroep na hierdie Kerk te Kimberley ontvang het. Hy het dit natuurlik nie aangeneem nie.

‘n Besonder belangrike gebeurtenis tydens die bediening van ds. Kestell, was die stigting van die plaaslike Weeshuis.
Nadat ds. Kestell die gemeente vir byna 12 jaar gedien het, ontvang hy in Oktober 1839 ‘n beroep na Harrismith, O.V.S., wat hy ook aanneem. Dit was voorwaar ‘n droewige dag vir die gemeente toe op 27 November 1893 afskeid geneem is van ds. en mev. Kestell. Hulle het saam met die gemeente gelewe, en het tenspyte van baie ontberings altyd op God vertrou en vir die toekoms gebou. Hierdie leerskool was nie tevergeefs nie, want dit was hy wat bestem was om later aan die Volk van Suid-Afrika die Reddingsdaadbeweging te gee.

Aan John Daniel Kestell is deur ‘n dankbare Volk, saam met veelvuldige ander huldebetonings, nie minder as drie Ere-Doktorsgrade toegeken nie, en aan hom is die hoogste onderskeiding toegesê deur ‘n laaste rusplek te vind aan die voet van die Vroue Monument te Bloemfontein. Op 9 Febr. 1941 is Vader Kestell oorlede.


Ds. P.J. de Vaal – Maart 1894 – Mei 1926

Ds. P. J. De Vaal
Maart 1894-Mei 1926.

Die gemeente was nie lank vakant nie. In Maart 1894 word eerw. prop. P. J. de Vaal hier georden en bevestig. Aanvanklik was hy ‘n onderwyser, en in die ouderdom van 32 jaar het hy aan die einde van 1893 aan die Kweekskool sy proponentseksamen afgele. Vir twee-en-dertig jaar staan hy aan die hoof van hierdie gemeente en dien hy en sy geëerde eggenote dit met innige liefde en toewyding. Gedurende sy bediening het die gemeente grootliks gegroei en uitgebrei.

Een van die eerste sake wat onder ds. de Vaal se leiding onderneem is, was die aanskaffing van ‘n pyporrel in die plek van die harmonium. Op 3 Mei 1897 besluit die Kerkraad op aanbeveling van sy orrelis mnr. Scott om ‘n nuwe orrel aan te koop. Die hele saak sou ongeveer £800 kos, en spoedig is die grootste gedeelte van hierdie bedrag deur middel van kollektelyste ingesamel. Nog voor die einde van dieselfde jaar word die orrel, wat vandag nog in gebruik is, plegtig ingewy.

Nouliks ‘n jaar later word aan die werk gespring om die pastorie, wat in ds. Keet se tyd gebou is, te vergroot en meer gerieflik te maak. Hierdie werk word in 1899 voltooi. In 1903 word elektriese ligte in die Kerk en pastorie aangebring. Dit is seker een van die eerste Kerke in ons land (indien nie die heel eerste nie) wat oor hierdie moderne beligtingsmetode beskik het.

In 1905 begin die gemeente alweer om geld in te samel vir die bou van ‘n nuwe Kerksaal op die perseel van die ou saal. Hierdie Kerksaal (die huidige) word in 1907 ingewy, en op die hoeksteen verskyn die woorde:

KERKSAAL
N.G. Kerk
Deze steen werd gelegd
door
Ds. P. J. de Vaal
Op den 12den October 1906

Tydens die Anglo-Boere oorlog het
ds. de Vaal in 1901-1902 as veldprediker
by die Boere-kommandos gaan diens
doen, en gedurende daardie tyd het ene
ds. Bosman hier in die gemeente
waargeneem. Hierdie foto toon ds. Bosman
met die Sondagskoolpersoneel,
onmiddellik aan sy linkerkant sit wyle
mej. Miemie de Vos.

In die loop van tyd het die kerkgebou ook te klein geword vir die gemeente. Op 19 Jan. 1918 besluit die Kerkraad dat ‘n begin sal gemaak word met die insameling van ‘n boufonds vir die vergroting van die kerk, wat na afloop van die oorlog uitgevoer sou word. Hierdie werk het fluks gevorder, en dit tref ons uit die verslae dat ds. de Vaal persoonlik die leeue-aandeel in die werk op hom gehad het. Na heelwat wik en weeg oor die verskillende moontlikhede is besluit om die voorste gedeelte en die toring van die Kerk aan te bou. Op die hoeksteen van die aangeboude deel staan:

Ned. Geref. Kerk
Deze Hoeksteen
van de
Vergrote Kerk
werd gelegd
Door Ds. P. J. de Vaal op den
15de October 1921

Vroeg in 1922 is die vergrote Kerk ingewy, en word gerapporteer dat die totale koste daaraan verbonde £4 199 4/10 beloop. Die argitek vir die aanbouing en die toring was die welbekende kerkargitek W. H. Louw.

Behalwe bogenoemde uitbreidings was ds. de Vaal ook verantwoordelik vir aansienlike uitbreidings van tyd tot tyd aan die Newton Weeshuis. Ook het hy hom op veelsydige wyse en met groot sukses beywer. vir die Sending en die Onderwys. Hy was verantwoordelik vir die verkryging van baie maatskaplike fasiliteite soos o.a. die aanleg van water, elektrisiteit en ‘n tremspoor na die Newton Kerk. Ds. de Vaal het ‘n versiende oog gehad, en het altyd gewerk en gebou met die oog op die toekoms. Reeds in 1896 dring hy by die Kerkraad aan om erwe aan te skaf in die Noord-Oostelike rigting van die stad, omdat die stad in die rigting van Transvaalweg groei, en die Kerkraad later daar grond mag nodig hê vir uitbreiding.

In sy persoon was ds. de Vaal die minsaamheid self. Hy was altyd ‘n herder vir sy gemeente, en het in sy omgang die vrome godsvrug uitgeleef wat by verkondig bet.

Op 6 Maart 1926 dien by vanwee swakke gesondheid, en op aandrang van sy geneesheer, sy bedanking in by die Kerkraad:

“Die aankondiging was voor de Kerkraad ‘n pynlike verrassing. Verscheidene leden gaven hun spyt te kennen over ‘t besluit waartoe de Leraar gekomen is en maakten gewag van ‘t goede werk dat door ds. en mev. de Vaal gedaan werd gedurende hun meer dan 30 jaren arbeid in de Gemeente: Het ledental is van 300 tot naby 1 000 gestegen en er is overal ontwikkeling en uitbreiding geweest.”

Nadat vergeefse planne en pogings aangewend is om sy dienste langer te behou, is van ds. en mev. de Vaal in Mei 1926 afskeid geneem. Die Kerkraad het hom as blyk van waardering ‘n beurs, gelykstaande aan die salaris van ses maande, aangebied. Kimberley was ds. en mev. de Vaal se eerste en enigste liefde. Hulle het deur dik en dun by die gemeente gestaan, insluitende die ontberings en ontwrigtings van twee oorloë en die droewige griepepidemie. Op 2 Mei 1946 het ds. de Vaal die tyd met die ewigheid verwissel.

Die ingang van die Pastorie langs die Kerk
was in Reformstraat (nou Albertynstraat) en is
agtereenvolgens bewoon deur di. J. D. Kestell,
de Vaal en Albertyn, en is in ongeveer 1938,
die tyd van ds. Jordaan, ontruim en aan die
Kleurlingsending gemeente verkoop as
Pastorie. In 1972 bewoon ds. Fullard hierdie pastorie.
KERKRAAD-1826
Voor van links na regs: J. Broderick; J. de Villiers.
2de ry: E. Behr; C. Muller; ds. P. J. de Vaal; L. Vorster; J. van Jaarsve/d.
3de ry: B. van der Menve; B. Venter; P. van Zyl;
J. Bennett; G. Combrink.
Agter: P. Bredenkamp; J. Burger; B. Mitchell;
A. Joubert; P. de Vos.
So het die Kerk gelyk toe dit in
1944 aan die Stadsraad van
Kimberley verkoop is.

<< Terug na Ons Geskiedenis