October 14, 2018 NGKerk 0Comment

Program vir die week

Sondag 14 Okt 2018
DANKFEESSANGDIENS
09:00 Erediens : Psalm 91
Deurkoll: Dankoffer
10:00 Kategese Klas (23)
12:00 POTJIEKOS
18:00 Bybelskool

Sondag 20 Okt 2018
BIDDAG: GESONDHEIDSDIENSTE
09:00 EREDIENS Psalm 116
D/K Christina Kiddie
10:00 Kategese Klas (24)
17:00 Magrietjie Vrouebyeenkoms
18:00 Bybelskool

 

Bybelleesprogram Oktober 2018

14 SONDAG Psalm 96
15 MAANDAG Psalm 103
16 DINSDAG Psalm 105
17 WOENSDAG Psalm 106
18 DONDERDAG Psalm 112
19 VRYDAG Psalm 116
20 SATERDAG Psalm 118


Alimentasie

PAKKIES SOP / PAKKIES SOJA “MINCE”


POEDINGS

Verskeidenheid poedings beskikbaar in kerksaal na Sondag diens.

PSALM 91

Psalm 91 is ‘n Psalm wat sê dat God sy kinders beskerm. Hy is vir hulle ‘n toevlug en ‘n veilige vesting (skuilplek). In die Psalm hoor ons heeltyd: Dit is Hy… Dit is Hy… Dit is Hy… Dit is Hy… Hoewel dit gebede is waarin die Here om hulp en krag gevra word vir ‘n moeilike tyd, gaan dit die hele tyd oor die eer van God. Dit gaan oor wie God vir sy volk is. Hy is nag en dag teenwoordig by sy volk. Hy oordek sy volk van alle kante. Hulle lewe in sy skaduwee. Dit is ‘n aanduiding van ‘n koel plek waar lafenis verkry kan word in die hitte van die woestynland. [Aanduidings is dat hierdie Psalm voorgelees is tydens die voorbereiding vir oorlog. In ‘n outydse oorlog was die gebruik om die vyand in ‘n lokval te lei en van agter aan te val terwyl hulle nog besig is om voor hulle te soek vir die aanvallers. Hy is agter jou wanneer jy nie bewus is van ‘n aanval wat van agter kom nie.]

Die mense vir wie die Psalm geskryf is, het die geskiedenis van Egipte en Moses goed geken. Met elke Paasfees het hulle herdenk dat God hulle voorvaders uit Egipte uitgelei het. Verder het hulle ook onthou dat die Here 10 plae gestuur het om daarmee die farao te oortuig om die volk te laat trek Dit is veral die laaste plaag wat aandag kry in hulle feesvieringe. Die bloed aan die deurkosyne was hulle redding. In hierdie Psalm word hulle verseker dat die plae van die wêreld nie oor hulle sal kom nie. Hulle kan daarvoor op die Here bly vertrou.

In die Psalm gaan dit ook oor wat gebeur wanneer die een wat onder God se beskerming lewe, agterkom wat dit alles vir hom beteken om die Here te ken en te dien. Hy begin om sy geloof te bely.

Die Here red elkeen wat op Hom vertrou en Hom liefhet (91:14). In vers 14 belowe die Here dat Hy dié sal verhoor wat Hom aanroep en aan sulke mense ’n lang lewe sal gee (91:16).

Met die versekering van die beskerming van die Here kan die gelowige en die kerk in vertroue lewe (1 Joh 5:4).

Opmerkings oor vers 11.
Dit is die engele se taak om die gelowiges te beskerm (vers 11). Hiervan is daar in die Bybel heelwat voorbeelde van engele wat mense beskerm het in die Bybel (1 Kon 19:5; Dan 6:23; Mat 18:10; Luk 16:22; Hand 12:7). Daar is egter geen aanduiding dat ’n engel oor elke gelowige waak nie. Engele kan ook God se boodskappers wees (Mat 2:13; Hand 27:23, 24). Ons kan engele nie sien nie, hoewel hulle – volgens die geloof van Bybelse tye – al deur mense gesien is (Num 22:31; Luk 2:9).

 

Voorbidding

Stiena Burger, Bodleyst 35 , sterk tuis aan
Tannie Ansie Niewenhuizen, Stillerwee
Tannie Susie Cilliers, Stillerwee siekeboeg
Ina Strydom, Minerva Gardens
Tannie Fransien Venter, Minerva Gardens
Tannie Pakkie Jacobs, Croxfordsingel 18
Baby Proudfoot, Queensweg 35
Hester van Niekerk, Leipoldst 9, se suster, Elaine
Koba Glanz, Swansweg 27, se kleindogter
Marie Klemp, Mount Curtis 201
Tannie Martie Lightfoot, is in Stillerwee se siekeboeg
Lina Blomerus, Sterk aan tuis
Willie Pienaar, word geopereer 23 Oktober in Gariep Hospitaal


Verjaardae Oktober 2018

15 Martie Britz; Daantjie de Klerk; Joy Richter;
16 Douw Kruger; Pieter Marais
17 Mamo Janse van Rensburg
18 Leon Smit
19 Adele O’Reilly; Louise Rossouw; Stefan van den Berg
20 Pierre Fourie; Theuns Odendaal; Dina van der Walt; Chrisna von Wielligh.
Die Kerkraad wens u ‘n baie geseënde jaar toe.


Stand van Finansies September 2018

Totale Inkomste R 90 763.02
Totale Uitgawes – R 104 682.21
Tekort – R 13 919.19
Bank Saldo – R 22 453.51
Termyn Lening – R 98 500.91
Enige voorstelle is meer as welkom


Gemeentemark en Teetuin
Saterdag 27 Oktober 2018

Kom geniet ‘n lekker koppie tee en iets te ete. Braaivleis om huis toe te vat en ietsie mooi vir die huis


Fly me to the Moon

Op Donderdag, 15 November om 19.00, is daar ’n konsert met tydlose treffers, in ons kerk – ten bate van die kerk. Die soliste is Rolene Hastings en Albie de Beer. Hulle word op die klavier begelei deur Margreet du Plessis. R75 per volwassene & R30 per kind O/13. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor 053 83 22 511 asook die aand by die deure.


ZAMAR musiekgroep

ZAMAR musiekgroep tree op 28 Oktober tydens die erediens. Die deur kollekte van 9 September het R815 opgelewer. ZAMAR benodig in total R5000 vir Oktober se kunstenaars. ZAMAR versoek enigiemand wat vrywillig kans sien om te help met ‘n bydra vir vervoekoste van die kunstenaars. Deurkollekte vir ZAMAR – 28 Oktober 2018.