October 14, 2018 NGKerk 0Comment

Program vir die week

Sondag 07 Okt 2018
Biddag vir bejaardes
09:00 Erediens : Psalm 33
Deurkoll: Kerkkas
10:00 Tee vir Bejaardes
18:00 Komm Vergadering

Sondag 14 Okt 2018
DANKFEESSANGDIENS
09:00 Erediens : Psalm 91
Deurkoll: Dankoffer
10:00 Kategese Klas (23)
12:00 POTJIEKOS
18:00 Bybelskool

 

Bybelleesprogram
Oktober 2018

07 SONDAG – Psalm 81
08 MAANDAG – Psalm 84
09 DINSDAG – Psalm 88
10 WOENSDAG – Psalm 89
11 DONDERDAG – Psalm 90
12 VRYDAG – Psalm 91
13 SATERDAG – Psalm 92


Voorbidding

Stiena Burger, Bodleyst 35 , sterk tuis aan
Tannie Ansie Niewenhuizen, Stillerwee
Tannie Susie Cilliers, Stillerwee siekeboeg
Ina Strydom, Minerva Gardens
Tannie Fransien Venter, Minerva Gardens
Tannie Pakkie Jacobs, Croxfordsingel 18
Baby Proudfoot, Queensweg 35
Hester van Niekerk, Leipoldst 9, se suster, Elaine
Koba Glanz, Swansweg 27, se kleindogter
Marie Klemp, Mount Curtis 201
Tannie Martie Lightfoot, is in Stillerwee se siekeboeg
Lina Blomerus, Sterk aan tuis
Tannie Sus Fourie (vroeër van Premier Mews) is in die week oorlede en ‘n troosdiens word vir haar gehou in Stillerweë se saal op Saterdag, 13 Oktober 2018 om 10:30

PSALM 33

Die Psalms is heeltyd besig met die lewe en die ewigheid en tog so prakties dat dit eenvoudig genoeg is vir enigiemand om te verstaan of daarmee te identifiseer. Na die boodskap van Psalm 16 wat ons laas week gelees het, lees ons die oorbekende Psalm 33. Die opskrif van die Psalm is: Die Here sorg.

Kenmerkend van die Here se sorg is:

• Dit wat die Here sê, gebeur.
• Dit wat die Here doen, staan vas.
• Die hele wêreld is vol van sy troue liefde.
• Die Here se planne (en beloftes) is van geslag tot geslag.
• Die Here sien alle mense.
• Net die Here kan ‘n mens van en uit die dood red.

Met bogenoemde versekering in gedagte kan die bidder van Psalm 33 sy fokus instel. Hy hoef nie ver te soek na die antwoord nie. Hy sal die Here volg en hom dien. Sy diens aan die Here sal begin met jubeling. Hy wil alles wat hy het benut in sy (ere)diens aan die Here. Hy wil met volle oorgawe sy lof en dank aan die Here bring.

Die Here is vir hom ‘n hulp en ‘n beskermer. Hy kan maar aanhou om sy vertroue in die Here te stel.

Psalm 33 sluit direk aan by Psalm 32. Net soos in Psalm 32, begin hierdie digter met ’n oproep aan die “regverdiges” en “opregtes”. Hulle moet die Here loof met die lier en die harp deur ’n nuwe lied vir hom te sing.

Die nuwe lied handel oor God se verbondstrou (33:5, 18, 22). Sedert die skepping het God getoon dat Hy deur sy Woord regeer en wonders doen (33:4-9). Dit blyk veral uit die skeppingsgebeure (31:6-7). Hy beheer ook die nasies, selfs al is hulle net so ontstuimig soos die see (33:8-9). Teenoor die wisselvalligheid van die nasies se planne staan dié van die Here vir altyd vas (33:10-11). Daarom gaan dit goed met elke nasie wat die Here as God erken (33:12-19).

Die bidder spreek in ’n lofrede sy vertroue in die Here uit. Hy vereenselwig hom met die gemeente en spreek namens hulle die belydenis uit: “ons vertrou op die Here” (33:20). Hy bid namens die gemeente dat die Here die mag van sy liefde altyd onder hulle aanwesig moet laat wees (33:22). Immers, daarsonder kan nie een van ons werklik lewe nie.

 





Verjaardae Oktober 2018

07 Kobus van den Berg;
08 Elize Holtzhuizen; Retha Theron; Isak van As;
09 Vera Dreyer; Adene Konig; Stoffel Vermeulen;
10 Louisa Swarts;
11 Dirk Wilken;
12 Hannelie Louw;
13 Anrika Crause; Leriche de Beer.

Die Kerkraad wens u ‘n baie geseënde jaar toe.


Stand van Finansies September 2018

Totale Inkomste R 90 763.02
Totale Uitgawes – R 104 682.21
Tekort – R 13 919.19
Bank Saldo – R 22 453.51
Termyn Lening – R 98 500.91
Enige voorstelle is meer as welkom


Alimentasie

PAKKIES SOP / PAKKIES SOJA “MINCE”


POEDINGS

Verskeidenheid poedings beskikbaar in kerksaal na Sondag diens.


POTJIEKOS

Sondag 14 Oktober 2018, Dankfeessangdiens: Daar sal ‘n Potjiekos beskikbaar wees om 12:00 by die Kerksaal. Gemeentelede wat dit potjiekos geleentheid gaan bywoon moet slegs hulle eie eetgery en drink goed saam bring vir die geleentheid.


Gemeentemark en Teetuin
Saterdag 27 Oktober 2018

Kom geniet ‘n lekker koppie tee en iets te ete. Braaivleis om huis toe te vat en ietsie mooi vir die huis


Fly me to the Moon

Op Donderdag, 15 November om 19.00, is daar ’n konsert met tydlose treffers, in ons kerk – ten bate van die kerk. Die soliste is Rolene Hastings en Albie de Beer. Hulle word op die klavier begelei deur Margreet du Plessis. R75 per volwassene & R30 per kind O/13. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor 053 83 22 511 asook die aand by die deure.


ZAMAR musiekgroep

ZAMAR musiekgroep tree op 28 Oktober tydens die erediens. Die deur kollekte van 9 September het R815 opgelewer. ZAMAR benodig in total R5000 vir Oktober se kunstenaars. ZAMAR versoek enigiemand wat vrywillig kans sien om te help met ‘n bydra vir vervoekoste van die kunstenaars. Deurkollekte vir ZAMAR – 28 Oktober 2018.